Plaas Besoek: Vredefort

26/07/2020

Daan and team at Sasol Secunda

Op 20 Julie 2020 het ek vir Petri Mocke in Vredefort area besoek. Petri het 2 jaar gelede begin om produksie te meet vir sy totale kudde na die lees van Dr. André Mentz se boek, "Ecological Cattle Farming".

Petri verwys so ewe grappig na die feit dat hy nie baie jare se ondervinding in beesboerdery het nie, en juis daarom oop is vir nuwe idees. Die benadering om die totale produksiedoeltreffendheid van sy kudde te meet het vir hom sin gemaak, en toe maak hy so.

Die lewe op 'n beesplaas is nie noodwendig altyd maklik nie. Petri moes onder andere veranderinge aan sy kraal maak om die skaal te maak pas. Hy het ook in daai tyd 'n klompie verse aangekoop wat nie wou vat nie. Die data van sy eerste poging in 2018 was nie heeltemal volledig nie sienende hy Excel gebruik het vir verskeie funksies en aksies op die plaas. Maar in 2019 gaan dit toe beter en toe hy onlangs van ons projek hoor het hy dadelik belang gestel om deel te word.

Oor 'n paar weke het ons die data mooi skoongemaak en in ons databasis in gekry vir die 2019 produksie jaar (Junie 2019 - Junie 2020).

Sy kudde is nog in 'n oorgangsfase. Petri boer met Bonsmara's en is in die proses om oor te gaan na 'n slagbees stelsel waar hy plus minus 30-maande oue beeste bemark. Hy het onlangs 'n slagpale ontdek wat 'n premium prys betaal vir "free range" B-graad vleis en het reeds sy eerste klompie jong-bees soontoe bemark. Terselfde tyd probeer hy die totale kudde groei wat beteken huidiglik verkoop hy so min as moontlik. Dis natuurlik nie so maklik nie, want die kontantvloei druk maar kwaai 🙂

Petri het 'n kop vir somme en ons het saam gesit en die som weer gemaak om te bepaal of die bemarking van 30-maande oue beeste meer profyt gaan maak as 7-maande oue speenkalwers. Gegewe die goeie prys van die "free range" slagpale en sy ondervinding sover hierdie jaar, lyk dit tog of hierdie plan en som gaan werk. Hy sien ook raak 'n paar ander voordele van die toekoms plan: minder bulle hoef aangehou (of gekoop) te word weens 'n kleiner trop koeie op die plaas en dan natuurlik minder onderhoud werk aan die jong beeste in vergelyking met kalwers.

Hier onder is 'n video (in Engels) wat die produksiedoeltreffendheid vir hierdie produksie jaar mooi verduidelik. 32.7% is nie teversmaai nie...

Voorbeeld van produksiedoeltreffendheid - Plaas naby Fredefort

Production

"Tell me how you will measure me and I will tell you how I will behave" 

Join this project and become an informed commercial cattle producer. 
JOIN NOW